'Trump word disinformasie oor SA gevoer'

Loading player...
Die GOOD Party sê dis 'n jammerte dat die Amerikaanse president Donald Trump aangekondig het dat hy nie by die G20-leiersberaad verteenwoordig sal wees wanneer Suid-Afrika die presidentskap van die G20 aan die Verenigde State oorhandig nie. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dit lyk asof Trump hierdie besluit geneem het op grond van die disinformasieveldtog wat onder andere deur Suid-Afrikaners teen die land gevoer word:
9 Nov 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eskom kan nie aan SA se groeiende eise voldoen nie - Mbeki

Oudpresident Thabo Mbeki sê Eskom kan nie aan Suid-Afrika se groeiende ekonomiese en tegnologiese eise voldoen nie. Mbeki waarsku ontwikkelings soos kunsmatige intelligensie en datasentrums vereis groot hoeveelhede elektrisiteit. Hy sê Eskom se opwekkingskapasiteit kan vinnig uitgebrei word, maar interne struikelblokke keer optrede. Hy sê ook ʼn nasionale dialoog is…
19 Jan 1AM 1 min

Motsepe stel Afrika-Nasiesliga bekend

Die president van die Konfederasie van Afrikasokker, Patrice Motsepe, het amptelik die nuwe Afrika-Nasiesliga bekendgestel, met 54 deelnemende lande. Die toernooi, wat in een land aangebied sal word tussen FIFA-toernooie, sal sone-kompetisies insluit met wenners wat sal deurdring na die eindstryd. Motsepe het onderneem om skeidregters te verbeter en respek…
19 Jan 1AM 1 min

Carney sê Groenland se toekoms behoort nie aan Trump nie

Die Kanadese premier Mark Carney sê sy land sal altyd die soewereiniteit en gebiedsintegriteit van lande, insluitend Groenland, ondersteun. President Donald Trump het herhaaldelik daarop aangedring dat Amerika Groenland moet verkry vir nasionale veiligheid en om te verhoed dat Rusland of China beheer kry. Hy het ook gedreig om nuwe…
19 Jan 12AM 1 min

SALGA vra dringende optrede om rampbestuur te versterk

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings, SALGA, vra versnelde nasionale optrede om munisipaliteite te ondersteun wat toenemend klimaat-verwante rampe beleef. Onlangse oorstromings, storms en veldbrande het eiendomme en mense se lewensbestaan vernietig, en meer as 30 lewens geëis. Die voorsitter van SALGA se werksgroep vir nooddienste en rampbestuur, Mluleki Nkosi,…
19 Jan 12AM 1 min

Alle aanduidings is dat La Niña verswak

Die nuutste AMT-weervoorspelling is uit. Die boonste helfte van die sentrale Stille Oseaan is reeds warmer as normaal, ’n teken dat La Niña-toestande vinnig kan verander. Johan van den Berg ondersoek wat dit beteken vir die kort-, medium- en langtermyn reënvooruitsigte.
19 Jan 12AM 1 min