
COP30: NNN lewer pleidooi vir Verlies- en Skadefonds
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens haar toespraak by die COP30-klimaatberaad in Brazilië ‘n pleidooi gelewer vir die inwerkingstelling van die Verlies- en Skadefonds. Dié fonds is veronderstel om finansiële bystand van miljarde Amerikaanse dollar aan ontwikkelende lande te verskaf om die onvermydelike impak van klimaatsverandering te versag.

