
Ramaphosa vat tussentydse leisels by SAOG
Loading player...
President Cyril Ramaphosa is as tussentydse voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aangestel na die bedanking van Madagaskar weens politieke onrus en 'n militêre oorname in die land. Ramaphosa sê die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap staan as 'n baken van solidariteit en 'n gemeenskap gebaseer op die waardes van eenheid, vrede, gelykheid en wedersydse voordeel. Ramaphosa het Vrydagaand die buitengewone SAOG-beraad virtueel toegespreek. Die president sê hierdie waardes word egter getoets word deur 'n samevloei van uitdagings. Hy het die SAOG versoek om met dringendheid en visie op te tree vir bestendheid nou en veiligheid vir die toekoms:

