President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië werk nou saam met Noorweë aan die beste manier om die olie- en gasbedryf te bestuur tot voordeel van alle Namibiërs. Tydens haar tweede staatsrede het Nandi-Ndaitwah gesê Noorweë sal Namibië help met ondersteuning in bestuursmetodes in sy olie- en gassektor. Noorweë word wyd erken…
Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete gaan na verwagting die naweek deelneem aan die Twee Oseane-marathon. Atlete spring Saterdag weg in die ikoniese ultra-marathon oor 56-kilometer. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê Sondag se halfmarathon oor 21,1-kilometer neem deelnemers op ʼn roete deur…
Privaatsektor kredietverlening-groei het in Februarie met 4,7 persent op 'n jaargrondslag gestyg vanaf 4,2 persent jaar-tot-jaar in Januarie, gedryf deur korporatiewe kredietverlening wat versnel het tot 7,3 persent jaar-tot-jaar vanaf 5,8 persent in Januarie. Huishoudelike krediet het effens gedaal tot 2,9 persent jaar-op-jaar vanaf 3 persent 'n maand tevore. Afbetalingsverkoop-…
Namibië se behuisingsagterstand staan nou op 'n verstommende 300 000 eenhede, maar vordering met die aanspreek van die krisis bly pynlik stadig. In haar staatsrede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê dat vordering gemaak is om meer huise te bou. Sy sê in dorpe soos Otjiwarongo, Omaruru, Windhoek, Walvisbaai, Rundu, Oshakati…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.