Verslapping van bepalings van jeugfonds verwelkom

Loading player...
Die regering se besluit om aansoekers van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds toe te laat om aansoek te doen sonder Bipa-registrasiedokumente, is as 'n positiewe stap verwelkom. Suksesvolle aansoekers sal nou slegs hul Bipa-besigheidsregistrasie hoef te voltooi sodra hul projekte goedgekeur is. Die ouderdomsgrens vir aansoekers is ook van 35 na 45 verhoog. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete, gesê dat hierdie veranderinge Namibiërs in al 14 streke 'n beter geleentheid sal gee om voordeel te trek uit die fonds.
3 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gemeenskap 'moet met Kalimbeza-rysplaas saamwerk'

Boere by die Kalimbeza-rysplaas naby Katima Mulilo maak gereed vir wat 'n deurbraak-oes oor net twee weke kan wees, volgens plaasbestuurder Patrick Kompeli. Adjunk-landbouminister, Ruth Masake het die plaas besoek en moedig die gemeenskap aan om saam met die rysplaas te werk en produksie te verhoog.
19 Jan 10AM 1 min

Vloede-dodetal in Limpopo styg tot 18

Limpopo se Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake het bevestig die dodetal na verwoestende oorstromings het tot 18 gestyg. Minstens vyf mense word vermis nadat hulle deur sterk rivierstrome meegesleur is. Die departement se woordvoerder, Tsakani Baloyi, sê toestande bly gevaarlik en riviervlakke styg steeds na dae…
19 Jan 10AM 1 min

Unam moet Graad 11's toelaat, 'dis onderwysbeleid'

Die IPC se skadu-onderwysminister Bertha Nghifikwa, het Unam se besluit om Graad 11-leerders sonder AS van toelating uit te sluit, gekritiseer en gesê die stap is onregverdig en ongeregverdig. Nghifikwa voer aan dat Graad 11 formeel deur die regering goedgekeur is as 'n uittree-kwalifikasie tot tersiêre onderwys, en dat openbare…
19 Jan 9AM 1 min

Staak grondveilings: Sankwasa aan plaaslike owerhede

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het plaaslike owerhede opdrag gegee om die opveil van grond aan inwoners onmiddellik te staak. Sankwasa het vanoggend tydens 'n inlywingswerkswinkel in Rundu gesê die praktyk is onwettig en sal nie tydens sy ampstermyn geduld word nie. Sankwasa sê verder sy…
19 Jan 9AM 1 min