New York stem vandag, Trump weier om met kommunis saam te werk

Loading player...
New York hou vandag sy burgemeesterverskiesing, en Amerikaanse president Donald Trump sê hy sal onwillig wees om die stad se federale befondsing voort te sit as dit deur 'n “kommunis” bestuur word. Meningspeilings dui daarop dat die gewilde Zohran Mamdani voorloop teen sy belangrikste mededinger, die voormalige Demokratiese New York-goewerneur, Andrew Cuomo. Mamdani beskryf homself as 'n demokratiese sosialis, ietwat soos 'n “Skandinawiese politikus, net bruiner”. Dit kom terwyl die Trump-administrasie herhaaldelik probeer het om federale toelaes en befondsing te besnoei vir projekte wat in Demokratiese gebiede. Luister na Trump:
3 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sona: Namibië werk met Noorweë aan olie- en gasbestuur

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië werk nou saam met Noorweë aan die beste manier om die olie- en gasbedryf te bestuur tot voordeel van alle Namibiërs. Tydens haar tweede staatsrede het Nandi-Ndaitwah gesê Noorweë sal Namibië help met ondersteuning in bestuursmetodes in sy olie- en gassektor. Noorweë word wyd erken…
8 Apr 11AM 1 min

Twee Oseane-marathon lok meer as 30 000 atlete

Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete gaan na verwagting die naweek deelneem aan die Twee Oseane-marathon. Atlete spring Saterdag weg in die ikoniese ultra-marathon oor 56-kilometer. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê Sondag se halfmarathon oor 21,1-kilometer neem deelnemers op ʼn roete deur…
8 Apr 11AM 1 min

Vraag na voertuie versnel afbetalingsverkoop- en huurkrediet

Privaatsektor kredietverlening-groei het in Februarie met 4,7 persent op 'n jaargrondslag gestyg vanaf 4,2 persent jaar-tot-jaar in Januarie, gedryf deur korporatiewe kredietverlening wat versnel het tot 7,3 persent jaar-tot-jaar vanaf 5,8 persent in Januarie. Huishoudelike krediet het effens gedaal tot 2,9 persent jaar-op-jaar vanaf 3 persent 'n maand tevore. Afbetalingsverkoop-…
8 Apr 10AM 1 min

Behuisingsagterstand 300 000 eenhede, erwe word gediens: NNN

Namibië se behuisingsagterstand staan nou op 'n verstommende 300 000 eenhede, maar vordering met die aanspreek van die krisis bly pynlik stadig. In haar staatsrede het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê dat vordering gemaak is om meer huise te bou. Sy sê in dorpe soos Otjiwarongo, Omaruru, Windhoek, Walvisbaai, Rundu, Oshakati…
8 Apr 10AM 1 min