Sesde Nasionale Raad begin laaste sitting

Loading player...
Die laaste sitting van Namibië se 6de Nasionale Raad het vanoggend amptelik geopen. Dit is die afsluiting van die raad se termyn van 2020-2025. Die voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha het lede versoek om die prestasies te konsolideer wat die Raad se werk oor die afgelope vyf jaar gedefinieer het. Die sitting sal middeltermyn-begrotingsdebatte en verslae van verskeie parlementêre staande komitees insluit en sal tot volgende week Dinsdag duur.
3 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Malangu verlaat mynwesekamer na 20 jaar

Die Kamer van Mynwese het 'n vakante pos geadverteer vir die hoof uitvoerende beampte posisie wat Veston Malango tans beklee. Aansoeke sluit op 31 Januarie. Malango sal vir ten minste 'n jaar by die organisasie bly om 'n gladde oordrag moontlik te maak. Daar word ook van hom verwag om…
19 Jan 4AM 1 min

Leeubene, landbou en omgewingsake... kenner reageer

Reaksie word ontvang op die herrie wat los is in Suid-Afrika met die bedanking van Dion George uit die DA en aantygings dat landbouminister John Steenhuisen hom met Willie Aucamp vervang het om die geblikte jagbedryf en handel in leeubeendere te bevorder. Die MK-party vra ook die Valke moet bewerings…
19 Jan 4AM 1 min

Bloedoortappingsdiens maak nie wins nie

Frieda Vatileni-Asino, skakelbeampte van die Namibiese Bloedoortappingsdiens, het bewerings dat die organisasie wins maak uit bloed, van die hand gewys. Sy sê pasiënte betaal net om die koste van die insameling, toetsing, verwerking en veilige aflewering van bloed aan diegene in nood te dek. Dit kom na bewerings dat die…
19 Jan 2AM 1 min

Kommentaar vir dobbelbelasting uitgestel, RISE verwelkom stap

RISE Mzansi het die Nasionale Tesourie se besluit verwelkom om sperdatum vir openbare kommentaar oor die voorgestelde aanlyn dobbelbelasting van 30 Januarie tot 27 Februarie 2026 te verleng. Die party doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om kommentaar te lewer op die hervormings wat bedoel is om die dobbelbedryf se impak…
19 Jan 2AM 1 min

KI en verantwoordelike gebruik, genoegsame wetgewing onder die loep

Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Phillipus Katamelo, het die behoefte aan verantwoordbaarheid in die gebruik van kunsmatige intelligensie beklemtoon. Katamelo het tydens die 28ste Konferensie van Speakers en Voorsittende Beamptes van die Statebond in Nieu-Delhi, Indië, gesê stelsels kan nie funksioneer sonder behoorlike voorsorgmaatreëls nie. Hy sê dat terwyl…
19 Jan 2AM 1 min