Melissa dood meer as 20, sover

Loading player...
Die dodetal styg steeds waar Orkaan Melissa 'n pad van vernietiging in die Karibiese eilande gelaat het. Orkaan Melissa, nou 'n Kategorie 1 storm, spoed deur die Bahamas met gepaardgaande swaar reën en verwoestende winde. Die owerheid in Jamaika het vier lyke gevind en ten minste 23 mense, tien van hulle kinders, is in Haïti dood en een persoon is in die Dominikaanse Republiek dood. Die eerste minister van Jamaika, Andrew Holness, sê die verwoesting is katastrofies:
30 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Handelaars wat voorwaardes aan kaartbetalings heg, geroskam

Die Betalingsvereniging van Namibië tree strenger op teen besighede wat kaartbetalings vir klein aankope weier of ekstra fooie hef. Die vereniging sê hierdie praktyke is onwettig en oortree nasionale en internasionale betalingsreëls. Verbruikers kan nou met 'n kaart betaal vir enige bedrag sonder om gedwing te word om meer te…
18 Jan 11PM 1 min

Riglyne rakende sandmynbedrywighede skiet kort

Die IPC sê die regering se optrede teen onwettige sand- en gruisontginning het heeltemal te laat gekom. Die skaduminister van omgewingsake, Rodrick Likando, sê die regering se verklaring wat 'n einde maak aan onwettige ontginning, bevestig net waarmee gemeenskappe jare lank saamleef, naamlik dat onwettige ontginning buite beheer is en…
18 Jan 11PM 1 min

Museveni is 'n meester in verkiesingsmanipulasie

Reaksie word ontvang op Uganda se presidensiële verkiesing wat langdienende president Yoweri Museveni as die wenner vir 'n sewende termyn verklaar het met byna 72 persent van die stemme. Opposisieleier Bobi Wine het die uitslae as vals verwerp en gesê die stemming was nie geloofwaardig of wettig nie, en het…
18 Jan 11PM 1 min

Reën belemmer oesbedrywighede by Kalimbeza

Boere by die Kalimbeza-rysplaas naby Katima Mulilo maak gereed vir wat 'n deurbraak-oes oor net twee weke kan wees, volgens plaasbestuurder Patrick Kompeli. Die staatsbeheerde projek het die seisoen gevorder ondanks volgehoue uitdagings in die Zambezi-streek. Kompeli sê nat toestande wat veroorsaak word deur voortdurende reënval is nou die plaas…
18 Jan 10PM 1 min

SA wil saam met Namibië, Botswana Afcon 2028 aanbied

Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê Suid-Afrika gaan ʼn bod indien om die 2028 Afrikabekertoernooi aan te bied, en Namibië en Botswana as medegashere uitnooi. Hy het aan SABC Sport in Marokko gesê die bod ondersteun die regering se pogings om groot internasionale geleenthede te lok…
18 Jan 10PM 1 min