Telecom werk aan iWay-uitdagings

Loading player...
Na verskeie klagtes van kliënte het Telecom Namibia bevestig dat sommige iWay-e-posdienste onderbroke toegang en stadige werkverrigting ondervind. Uitvoerende hoof dr. Stanley Shanapinda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die probleem veroorsaak is deur onlangse kragverwante voorvalle. Hy sê daar is geen presiese tydsraamwerk vir wanneer die dienste ten volle herstel sal wees nie, maar tegniese spanne werk daaraan om die platform te stabiliseer.
30 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Keetmans-waterafsluitings tydelik op ys

Die Keetmanshoop-munisipaliteit het kennis gegee dat die waterafsluiting wat vir hierdie week geskeduleer was, tydelik gestaak is terwyl gesprekke met NamWater gevoer word. Vanaf Maart vanjaar skuld die munisipaliteit NamWater ongeveer 56 miljoen Namibiese dollar, na 'n vinnige toename in skuld sedert Januarie, toe die bedrag 32 miljoen dollar was…
9 Apr 8AM 1 min

Drukgroep juig oor SA jeug wat minder drink

'n Drukgroep teen alkoholmisbruik, Rethink Your Drink, is bemoedig deur navorsing wat toon dat Suid-Afrikaners - veral jong volwassenes - ook die wêreldwye neiging begin volg om minder te drink. Worldpanel by Numerator sê 30-persent van Suid-Afrikaanse verbruikers het aangedui hulle wil minder drink - byna dubbel die wêreldsyfer van…
9 Apr 8AM 1 min

KI in die werkplek, Nipam hou seminar

Namate kunsmatige intelligensie deel word van die daaglikse werksomgewings in die land, skuif die aandag na hoe dit doeltreffend gebruik kan word. Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, sal op 12 Mei 'n KI-leierskapseminaar in Windhoek aanbied. Woordvoerder Johannes Hatutale sê die seminaar sal fokus op praktiese…
9 Apr 6AM 1 min

VF+ sê kultuur van geweld stuur SA op gevaarlike koers na anargie

Die Vryheidsfront Plus sê die kultuur van geweld in Suid-Afrika laat nie net die land ontspoor nie, maar laat dit afstuur op anargie en volslae chaos. Dit volg na die onlangse moord op Danie Oosthuizen, ʼn afgetrede NG-dominee van Primrose-Oos in Germiston, Gauteng. Jaco Mulder van die VF Plus sê…
9 Apr 6AM 1 min

Inflasie: Vrugte skiet die hoogte in

Terwyl algehele inflasie op 2,1 persent vir Maart, teenoor 2,4 persent in Februarie ingekom het, styg voedselpryse steeds. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste syfers bekend gemaak. Yanna Smith het meer.
9 Apr 6AM 1 min