Sprinkane maak hulle terugkeer in Zambezi

Loading player...
’n Groot uitbreking van Afrika-treksprinkane is in die Zambezi-streek aangemeld, wat minstens agt vloedvlaktegebiede affekteer. Landbouminister Inge Zamwaani het die uitbreking in die Nasionale Vergadering aangekondig en gesê die vloedvlaktes van Muyako en Masokotwani is bekende broeiplekke vir die spesie. Die ministerie het spanne ontplooi om spuitoperasies in die geaffekteerde gebiede uit te voer. Zamwaani sê die omvang van die uitbreking vereis wyer samewerking en doen 'n beroep op regeringsinstellings, streeksrade, plaaslike owerhede, die private sektor en tradisionele leiers om reaksiepogings te ondersteun. Zamwaani is aan die woord:
29 Oct 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Keetmans-waterafsluitings tydelik op ys

Die Keetmanshoop-munisipaliteit het kennis gegee dat die waterafsluiting wat vir hierdie week geskeduleer was, tydelik gestaak is terwyl gesprekke met NamWater gevoer word. Vanaf Maart vanjaar skuld die munisipaliteit NamWater ongeveer 56 miljoen Namibiese dollar, na 'n vinnige toename in skuld sedert Januarie, toe die bedrag 32 miljoen dollar was…
9 Apr 8AM 1 min

Drukgroep juig oor SA jeug wat minder drink

'n Drukgroep teen alkoholmisbruik, Rethink Your Drink, is bemoedig deur navorsing wat toon dat Suid-Afrikaners - veral jong volwassenes - ook die wêreldwye neiging begin volg om minder te drink. Worldpanel by Numerator sê 30-persent van Suid-Afrikaanse verbruikers het aangedui hulle wil minder drink - byna dubbel die wêreldsyfer van…
9 Apr 8AM 1 min

KI in die werkplek, Nipam hou seminar

Namate kunsmatige intelligensie deel word van die daaglikse werksomgewings in die land, skuif die aandag na hoe dit doeltreffend gebruik kan word. Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, sal op 12 Mei 'n KI-leierskapseminaar in Windhoek aanbied. Woordvoerder Johannes Hatutale sê die seminaar sal fokus op praktiese…
9 Apr 6AM 1 min

VF+ sê kultuur van geweld stuur SA op gevaarlike koers na anargie

Die Vryheidsfront Plus sê die kultuur van geweld in Suid-Afrika laat nie net die land ontspoor nie, maar laat dit afstuur op anargie en volslae chaos. Dit volg na die onlangse moord op Danie Oosthuizen, ʼn afgetrede NG-dominee van Primrose-Oos in Germiston, Gauteng. Jaco Mulder van die VF Plus sê…
9 Apr 6AM 1 min

Inflasie: Vrugte skiet die hoogte in

Terwyl algehele inflasie op 2,1 persent vir Maart, teenoor 2,4 persent in Februarie ingekom het, styg voedselpryse steeds. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste syfers bekend gemaak. Yanna Smith het meer.
9 Apr 6AM 1 min