Die Keetmanshoop-munisipaliteit het kennis gegee dat die waterafsluiting wat vir hierdie week geskeduleer was, tydelik gestaak is terwyl gesprekke met NamWater gevoer word. Vanaf Maart vanjaar skuld die munisipaliteit NamWater ongeveer 56 miljoen Namibiese dollar, na 'n vinnige toename in skuld sedert Januarie, toe die bedrag 32 miljoen dollar was…
'n Drukgroep teen alkoholmisbruik, Rethink Your Drink, is bemoedig deur navorsing wat toon dat Suid-Afrikaners - veral jong volwassenes - ook die wêreldwye neiging begin volg om minder te drink. Worldpanel by Numerator sê 30-persent van Suid-Afrikaanse verbruikers het aangedui hulle wil minder drink - byna dubbel die wêreldsyfer van…
Namate kunsmatige intelligensie deel word van die daaglikse werksomgewings in die land, skuif die aandag na hoe dit doeltreffend gebruik kan word. Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, sal op 12 Mei 'n KI-leierskapseminaar in Windhoek aanbied. Woordvoerder Johannes Hatutale sê die seminaar sal fokus op praktiese…
Die Vryheidsfront Plus sê die kultuur van geweld in Suid-Afrika laat nie net die land ontspoor nie, maar laat dit afstuur op anargie en volslae chaos. Dit volg na die onlangse moord op Danie Oosthuizen, ʼn afgetrede NG-dominee van Primrose-Oos in Germiston, Gauteng. Jaco Mulder van die VF Plus sê…
Terwyl algehele inflasie op 2,1 persent vir Maart, teenoor 2,4 persent in Februarie ingekom het, styg voedselpryse steeds. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste syfers bekend gemaak. Yanna Smith het meer.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.