VERSKILMAKERS: U-Turn

Loading player...
Haweloosheid is kompleks en raak ons almal, maar in die hart van Pretoria
is daar nou uitkomkans. U-Turn Pretoria se terapeuties-gebaseerde vier-fase program bied stap vir stap hoop. Dit sluit in hulp met basiese behoeftes, rehabilitasie, terapie, werksgereedheid en vaardigheidsontwikkeling.
Met ’n 85% langtermyn sukseskoers oor meer as 25 jaar, bring U-turn ‘n ware
180-grade omkeer – van hopeloosheid na onafhanklikheid. Besoek U-Turn Pretoria se Lighthouse-sentrum, of kontak Herman by 082 556 5591.
24 Oct 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Snoete-goete: Paddas

Dis somer in Pretoria, en jy hoor hulle al van ’n myl af – daardie kenmerkende kroooaak wat jou laat weet die paddas is wakker en besig! Vandag gesels ek met Willie Landman, natuurliefhebber en paddakenner van die Noordwes Universiteit oor hoekom Pretoria se tuine en dammetjies sulke gewilde kuierplekke…
5 Dec 5AM 12 min

VERSKILMAKERS: Die GROOT Kersboom

Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer gee die grootste geskenk van almal word. By Castle Gate se ikoniese GROOT Kersboom bring GROOTfm 90.5 en die Worth It Foundation mense saam om ’n werklike verskil te maak. Van 17 November tot 13 Desember kan jy klere, skryfbehoeftes en blikkieskos…
4 Dec 3AM 17 min

LVG en Together we Bloom gee pragtige Poinsettas weg vir die Feesseisoen!

Die span van Together We Bloom en LVG het die GROOTfm 90.5-gemeenskap geseën met pragtige, bloedrooi Poinsettas vir die Feesseisoen. Jy ontvang twee, waarvan jy een kan ‘Pay it Forward’ – so in die gees van die seisoen! Poinseattas is maklike plante, en kan jy dit in enige son/lig/skadukol plaas…
1 Dec 5AM 5 min

VERSKILMAKERS: Orange Day

Vandag gesels ons oor Orange Day SA, ’n nasionale veldtog en geregistreerde nie-winsgewende inisiatief wat Suid-Afrikaners wil verenig teen geslagsgebaseerde geweld. Op Donderdag, 5 Desember 2025, word almal aangemoedig om ’n Orange Day SA-plakker te dra, of oranje aan te trek – ’n eenvoudige, maar kragtige manier om solidariteit te…
1 Dec 1AM 11 min