VSA keer Israel se anneksasie van Wesoewer

Loading player...
Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het beveel dat die parlementêre bevordering van wetsontwerpe wat verband hou met die anneksasie van die Wesoewer gestaak word. Dit volg na die Amerikaanse visepresident, JD Vance, 'n stemming oor twee wetsontwerpe in die Knesset 'n belediging genoem het. Die wetsontwerpe wat Israeliese wetgewing op die besette Wesoewer toepas, wat gelykstaande sou wees aan anneksasie, is Woensdag voorlopig goedgekeur in die Knesset. Op 'n vraag deur verslaggewers aan die einde van 'n tweedaagse besoek aan Israel, het Vance gesê as dit 'n politieke toertjie was, was dit 'n baie dom een. Luister self.
23 Oct 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lenacapavir skenking verwelkom in SA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-Raad, SANAC, het die aankoms van die eerste besending van die nuwe MIV-voorkomingsmiddel, Lenacapavir, verwelkom. Die Globale Fonds het 37 920 dosisse van die inspuiting geskenk, wat twee keer per jaar aan MIV-negatiewe mense toegedien word. Nelson Dlamini van die raad sê hulle werk aktief saam met…
9 Apr 11PM 1 min

Rutte verduidelik Navo-reaksie op VSA se oorlog in Iran

Navo sekretaris-generaal Mark Rutte het Donderdagaand by die Ronald Reagan-instituut in Washington kommentaar gelewer op sy vergadering met Amerikaanse president Donald Trump die vorige dag. Trump het sy ontevredenheid uitgespreek oor Europese lande wat Amerika nie steun in sy oorlog teen Irak nie en het voorgestel dat die VSA Navo…
9 Apr 11PM 1 min

Groot toename in witmielie-produksie verwag

Volgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede was witmielie-produksie in 2025 op 69 541 metrieke ton, wat in 31 persent van die plaaslike vraag voldoen het. Liseli Mwilima, woordvoerder van die Namibiese Akkerbouraad, het aan Kosmos 94.1 gesê dramaties hoër produksie word vanjaar verwag, weens die goeie reën en die impak…
9 Apr 11AM 1 min

Staatswerkersvakbond steun wetwysigings vir sterker bestuur

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die wysigings aan die Wet op die Staatsdiens om sterker bestuur en verantwoordbaarheid te bevorder. Woordvoerder Claude Naicker beklemtoon die hervorming van meriete-gegronde aanstellings en die uithou van politiek uit die Staatsdiens. Hy sê daar is 'n behoefte aan groter betrokkenheid by ontslane werknemers en…
9 Apr 11AM 1 min