Swakop-munisipaliteit skenk ruim aan skole

Loading player...
Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs 200 000 Namibiese dollar geskenk aan 20 skole op die dorp. Dit is die munisipaliteit se korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsinisiatief om skole in die omgewing op te hef. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die munisipaliteit, Linda Mupupa gepraat wat uiteensit waarvoor die geld gebruik kan word.
23 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lenacapavir skenking verwelkom in SA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-Raad, SANAC, het die aankoms van die eerste besending van die nuwe MIV-voorkomingsmiddel, Lenacapavir, verwelkom. Die Globale Fonds het 37 920 dosisse van die inspuiting geskenk, wat twee keer per jaar aan MIV-negatiewe mense toegedien word. Nelson Dlamini van die raad sê hulle werk aktief saam met…
9 Apr 11PM 1 min

Rutte verduidelik Navo-reaksie op VSA se oorlog in Iran

Navo sekretaris-generaal Mark Rutte het Donderdagaand by die Ronald Reagan-instituut in Washington kommentaar gelewer op sy vergadering met Amerikaanse president Donald Trump die vorige dag. Trump het sy ontevredenheid uitgespreek oor Europese lande wat Amerika nie steun in sy oorlog teen Irak nie en het voorgestel dat die VSA Navo…
9 Apr 11PM 1 min

Groot toename in witmielie-produksie verwag

Volgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede was witmielie-produksie in 2025 op 69 541 metrieke ton, wat in 31 persent van die plaaslike vraag voldoen het. Liseli Mwilima, woordvoerder van die Namibiese Akkerbouraad, het aan Kosmos 94.1 gesê dramaties hoër produksie word vanjaar verwag, weens die goeie reën en die impak…
9 Apr 11AM 1 min

Staatswerkersvakbond steun wetwysigings vir sterker bestuur

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die wysigings aan die Wet op die Staatsdiens om sterker bestuur en verantwoordbaarheid te bevorder. Woordvoerder Claude Naicker beklemtoon die hervorming van meriete-gegronde aanstellings en die uithou van politiek uit die Staatsdiens. Hy sê daar is 'n behoefte aan groter betrokkenheid by ontslane werknemers en…
9 Apr 11AM 1 min