SA sal nie beleid aanpas vir VSA-handel nie

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê handelsgesprekke met Amerika vorder goed. Dis egter onwaarskynlik dat die regering toegewings oor plaaslike beleid sal maak as deel van die onderhandelinge. Amerika het in Augustus tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na dié land gehef wat duisende werksgeleenthede in die voertuig- en sitrusbedryf in gevaarstel. Lamola het gister by die Financial Times se Afrika-beraad in Londen beklemtoon dat Amerika ʼn strategiese vennoot in die land se ekonomie bly:
22 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Privaatsektor-operateur sal landbousentrum ontwikkel

Die kabinet het goedgekeur dat Plaas Kehoro Suid No. 160 aan 'n gekwalifiseerde privaatsektor-operateur verhuur kan word. Dit is 'n belangrike stap in die omskakeling van die eiendom in 'n belangrike landbousentrum. Die plaas, wat verkry is onder die regering se grondhervormingsprogram, is as 'n strategiese landboubate aangewys. Die doel…
10 Apr 5AM 1 min

Twee staan die naweek vir DA-leier

Die DA sê die kandidate-proses in aanloop tot die verkiesingskongres was in ooreenstemming met die party se demokratiese en deursigtige interne stelsels. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, en Sedibeng se koukusleier, Sibusiso Dyonase, ding die naweek by die kongres in Midrand, Gauteng, mee vir die posisie van DA-leier. Die Federale…
10 Apr 5AM 1 min

Meer geld vir fluitjieblaser-beskerming

Die vakbondfederasie Cosatu doen 'n beroep op verhoogde regeringsbefondsing vir getuiebeskermingsprogramme, aangesien huidige hulpbronne nie voldoende beskerming bied vir verklikkers wat korrupsie en wangedrag blootlê nie. Die federasie verwelkom die Wet op Beskermde Bekendmakings wat vir openbare kommentaar gepubliseer is, en beskryf dit as 'n positiewe stap in die versterking…
10 Apr 3AM 1 min

Brittanje verhoog besteding op weermag

Die Britse regering het onderneem om 2,5 persent van die BBP teen 2027 aan verdediging te bestee. Die land se minister van verdedigingsgereedheid en nywerheid, Luke Pollard, sê aan Sky News die tempo is goed veral met ‘n bykomende 5 miljard pond wat vanjaar toegeken is en die teiken om…
10 Apr 3AM 1 min

Petrofund bied werkswinkels aan vir kapasiteit in petroleumsektor

Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds, Petrofund, in samewerking met FirstRand Group en die Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad, sal 'n tweedaagse werkswinkel vir olie- en gasverskaffers van 21 tot 22 April in Windhoek aanbied. 'n Tweede werkswinkel sal in Augustus in Walvisbaai aangebied word. Dit is in ooreenstemming met Petrofund se mandaat…
10 Apr 3AM 1 min