Aanvalle op misdaadvoorkomingsbeamptes in SA wek groot kommer

Loading player...
ActionSA in Gauteng sê die onlangse aanvalle op misdaadvoorkomingsbeamptes beklemtoon ernstige stelsel-mislukkings deur die provinsiale regering. ʼn Beampte van die Misdaadvoorkomingseenheid in Germiston is verlede week geskiet toe hy op ʼn rooftog gereageer het. Verlede maand is vyf beamptes in die hospitaal opgeneem nadat 12 gewapende verdagtes hulle in Daveyton in ʼn hinderlaag gelok het. ActionSA-woordvoerder Zwelithini Mtshali sê dis onaanvaarbaar dat misdaadvoorkomingbeamptes dikwels in gevaar gestel word sonder volle ondersteuning of hulpbronne:
21 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-Tshwane metropolisiehoof ontken tender-korrupsie

Die Tshwane-metropolisie se adjunkhoof, Umashi Dlamini, sê hy het geweier om die geskorste sersant van Gauteng se Georganiseerde Misdaadeenheid, Fannie Nkosi, by te staan met tenderaansoeke vir sy broer weens 'n belangebotsing. Hy het voor die Madlanga-kommissie bevestig daar was 'n langdurige verhouding met Nkosi, maar ontken besprekings rondom stadsverwante…
10 Apr 9AM 1 min

Epstein-slagoffers moet in Kongres getuig: Melania Trump

Die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, het die Kongres gevra vir ʼn openbare verhoor om beëdigde verklarings aan te hoor van die ontslape seksoortreder Jeffrey Epstein se slagoffers. Talle slagoffers van Epstein en sy medepligtige, Ghislaine Maxwell, het in September verlede jaar die Huis se oorsigkomitee gevra om die oortreders aanspreeklik…
10 Apr 9AM 1 min

Nicholas Mukasa aangestel as BoN adjunk-goewerneur

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Nicholas Mukasa as die tweede adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië aangestel, met ingang van 1 Mei. Hy vervang Ebson Uanguta wat as goewerneur aangestel is en sal by Leonie Dunn in die rol aansluit. Mukasa sal 'n sentrale rol speel om die goewerneur te ondersteun…
10 Apr 8AM 1 min

Wat het Cyril geweet oor Phala Phala: ActionSA

ActionSA het die volledige verslag van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat bekom oor die gedrag van lede van die Presidensiële Beskermingseenheid in die nasleep van die Phala Phala-skandaal. Daar is bevind 'n ondersoek deur die eenheid se hoof, Wally Rhoode, na die diefstal van miljoene Amerikaanse dollar van president Cyril Ramaphosa se…
10 Apr 8AM 1 min