Snoete-goete: Blood Lions

Loading player...
’n Nuwe studie deur Blood Lions en World Animal Protection wys duidelik: Daar is geen bewys dat aanhouding en teel van leeus in Suid-Afrika enige behoudsvoordele bied nie — inteendeel, dit kan die vraag na leeu-produkte en onwettige handel aanwakker. Met sowat 8 000 leeus in byna 350 aanhou- en teelinstansies, word ernstige vrae gevra oor bewaring, welsyn en internasionale handel. Dr Stephanie Klarmann van Blood Lions werk op grondvlak met hierdie kwessies.
21 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Snoete-goete: Animotion

Wanneer ons aan prosteses dink, dink ons gewoonlik aan mense — maar tegnologie verander ook die lewens van diere wat ledemate verloor het weens beserings, ongelukke of aangebore toestande. Organisasies soos Animotion help om spesiaal-ontwerpte prosteses vir diere te ontwikkel, wat hulle weer mobiliteit, onafhanklikheid en ’n beter lewensgehalte gee…
6 Feb 8AM 8 min

Gemeenskapsfokus: Irene Homes

Christiaan Jooste van Cameleon Hope vertel van die infrastruktuuruitdagings by Irene Homes en doen 'n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak.
5 Feb 5AM 3 min