Die tweede been van die Nasionale Enduro-kampioenskap sal môreoggend by die Itumba-baan suid van die hoofstad plaasvind. Meer as 50 motorfietsryers in sewe verskillende klasse sal deelneem, soos Francois Lottering verduidelik.
Die Goethe-instituut, wat hom wêreldwyd beywer vir die aanleer van Duits, het 'n taalkompetisie op 28 Maart gehou in vennootskap met die Duitse-Namibiese Vereniging. Die doel was dat Duits-leerlinge hul vaardighede ten toon stel, met die wenners wat groot pryse losgeslaan het. Die instituut se Ingrid Barth het meer.
Die landbouministerie het vanoggend sy begroting in die parlement ter tafel gelê. Die totale begroting vir die ministerie is 1,8 miljard Namibiese dollar. Lynminister Inge Zaamwani het die befondsing om bek-en-klouseer plaaslik te verhoed uiteengesit sowel as die begroting vir grondhervorming.
Die IPC skop steeds vas teen die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Petroleum wat olie- en gasbeheer onder die president se kantoor sal sentraliseer. Partypresident Panduleni Itula sê, ten spyte van president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ontkenning, dui haar seuns se sakebande met Nasan Energies se medestigter, Miguel Hamutenya, daarop dat die eerste…
Die Tshwane-metropolisie se adjunkhoof, Umashi Dlamini, sê hy het geweier om die geskorste sersant van Gauteng se Georganiseerde Misdaadeenheid, Fannie Nkosi, by te staan met tenderaansoeke vir sy broer weens 'n belangebotsing. Hy het voor die Madlanga-kommissie bevestig daar was 'n langdurige verhouding met Nkosi, maar ontken besprekings rondom stadsverwante…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.