#WeeksdaeVibesMetVenita - Joe F | 7 Oktober

Loading player...
Na vier jaar van kreatiewe stilte is Joe F terug — en hierdie keer bring hy iets besonders. #WeeksdaeVibesMetVenita gesels met hierdie talentvolle liedjieskrywer en sanger oor sy splinternuwe album, "Jy Weet" — ’n viering van lewe, liefde en lig wat die hart én voete laat beweeg. Joe deel meer oor sy groot skuif na Nieu-Seeland, hoe hy daar uiteindelik sy unieke klank gevind het, en die manier waarop hy nou die Afrikaanse kultuur aan ’n internasionale gehoor bekendstel. Hulle gesels ook oor die titel-lied en hoof enkelsnit “Jy Weet”, en vat dit terug na die ikoniese MK-era waar sy musiekreis begin het met "Hou My Vas".
7 Oct 2025 English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#ALT-Fokus - Amy Tjasink | 27 Augustus

Venita gesels met Amy Tjasink oor haar nuutste enkelsnit, “Kommetjie Boys”. Amy vertel meer oor die inspirasie agter die liedjie en die storie wat sy met hierdie nuwe vrystelling wil vertel.
27 Aug 13 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Ruan Wessels | 24 Augustus 

Weeksdae Vibes met Venita het met Ruan Wessels gesels en ’n bietjie dieper gedelf in die mens agter al die karakters. Ruan vertel vir Venita waar sy liefde vir films en toneelspel begin het, hoe hy homself in elke karakter inleef en wat dit verg om ’n karakter werklik geloofwaardig…
24 Aug 24 min

#ALT-Fokus - Keanan Eksteen | 20 Augustus 

Hierdie week is Venita op die uitkyk na goeie musiek en Keanan Eksteen het op haar radar verskyn. Hy gesels meer oor sy musiek en waar in Pretoria ons hom die naweek kan sien.
20 Aug 17 min