GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
212 Episodes
1 – 20

#ALTFokus met Venita - Janie Bay & Deon Dee | 8 Oktober

Venita het vanaand die HOOF fokus op Jan Bloukaas gesit. Sy het met Janie Bay en Deon Dee gesels oor Jan Bloukaas: Vir Oulaas – ’n dokumentêr wat Jean se laaste maande, sy laaste album God Kan en die ongelooflike mens agter die musiek vasvang.
8 Oct 33 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Janie Bay & Deon Dee | 6 Oktober

Venita gesels met Janie Bay en Deon Dee oor die Jan Bloukaas: Vir Oulaas-dokumentêr, wat op 7 Oktober vrygestel is. Sy het die aand voor die groot première gaan inloer om uit te vind wat kykers kan verwag en wat hierdie besondere projek so spesiaal maak.
6 Oct 10 min

#ALT-Fokus - Shortstraw | 3 September 

Shortstraw is hierdie week se #HOOF-fokus en Venita gesels met die manne oor hulle nuutste EP, Everything In Between. Sy leer meer oor die beginjare van die band en wat hulle al vir die afgelope 17 jaar suksesvol in die musiekbedryf hou.
3 Sep 28 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Preston Pablo | 2 September

Al die pad van Kanada af! Preston Pablo gesels met Venita oor sy musiekloopbaan en die nuwe musiek wat hy in 2026 vrygestel het. Hy leer Venita sommer ook ’n ding of twee oor hoe om die Kanadese winters te oorleef, terwyl sy intussen haar khaki en vellies-pakkie regmaak vir…
2 Sep 35 min

#ALT-Fokus - Amy Tjasink | 27 Augustus

Venita gesels met Amy Tjasink oor haar nuutste enkelsnit, “Kommetjie Boys”. Amy vertel meer oor die inspirasie agter die liedjie en die storie wat sy met hierdie nuwe vrystelling wil vertel.
27 Aug 13 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Ruan Wessels | 24 Augustus 

Weeksdae Vibes met Venita het met Ruan Wessels gesels en ’n bietjie dieper gedelf in die mens agter al die karakters. Ruan vertel vir Venita waar sy liefde vir films en toneelspel begin het, hoe hy homself in elke karakter inleef en wat dit verg om ’n karakter werklik geloofwaardig…
24 Aug 24 min

#ALT-Fokus - Keanan Eksteen | 20 Augustus 

Hierdie week is Venita op die uitkyk na goeie musiek en Keanan Eksteen het op haar radar verskyn. Hy gesels meer oor sy musiek en waar in Pretoria ons hom die naweek kan sien.
20 Aug 17 min
1 – 20