Borskankermaand - Rooibos kan help!

Loading player...
Met Oktober as Borskankerbewusmakingsmaand, is dit ’n tyd om weer ernstig stil te staan by die siekte wat jaarliks duisende Suid-Afrikaanse vroue raak. Vroeë opsporing kan oor lewe en dood besluit, maar gereelde selfondersoeke en mammogramme word steeds te min gedoen. Iemand wat aan die voorpunt van plaaslike navorsing staan, is dr. Nicky Verhoog, senior dosent in Biochemie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy ondersoek onder meer hoe faktore soos hormone — en selfs natuurlike stowwe soos Rooibos — borskanker kan beïnvloed. Ons gesels vandag met haar oor watter vorme van borskanker daar is, hoe vroue hulself kan beskerm, en wat die jongste wetenskap sê.
9 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes