Marissa Verheij gesels oor haar nuwe lied, The Lord's Prayer

Loading player...
In haar nuutste vrystelling neem Marissa luisteraars op ’n besonderse geestelike reis met die kragtige woorde van die Onse Vader. Hierdie lied is nie net musiek nie, dit is ’n gebed wat met siel en hart gesing word... ’n uitnodiging om saam stil te word en God se teenwoordigheid te ervaar. Luister hoe sy meer deel oor die inspirasie agter die lied, die boodskap wat sy hoop mense daaruit sal neem, en haar passie om geloof deur musiek te deel.
15 Sep 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Prembaba's: Waarom word ouderdomme aangepas?

Het jy al gehoor dat die ouers van 'n vroeggebore baba sal verwys na hul geboorte ouderdom en dan hul "corrected age" gee? Al ooit gewonder wat die rede hiervoor is? Prof Welma Lubbe, direkteur van Navorsingseenheid vir kwaliteit in verloskunde en verpleegkunde aan die NWU verduidelik.
18 Nov 6AM 6 min

Snoete-goete: Kameelperdnavorsingsfasiliteit geopen

Die Universiteit van die Vrystaat het pas geskiedenis gemaak met die opening van die wêreld se eerste Kameelperd-navorsingsfasiliteit by Amanzi Privaat Wildreservaat naby Bloemfontein. Onder leiding van Prof. Francois Deacon, ’n ware kampvegter vir die bewaring van kameelperde, gaan hierdie sentrum help om die diere beter te verstaan en te…
17 Nov 6AM 12 min

Wêreld Prembaba dag - Prof Welma Lubbe

17 November is Wêreld Prembabadag. Prof Welma Lubbe, direkteur van Navorsingseenheid vir kwaliteit in verloskunde en verpleegkunde aan die Noordwes Universiteit gee 'n oorsig van die uitdagings wat dikwels saam met vroeggebore baba's kom.
17 Nov 4AM 5 min

Afrikaanse Wikipedia

Die Afrikaanse weergawe van Wikipedia het tans net oor die 127 000 artikels, en groei teen ongeveer 15 artikels per dag. Ondersteun ons deur die Afrikaanse Wikipedia te gebruik, en help ons om hom uit te bou! Enige iemand kan as gebruiker registreer. Deon Steyn het ons meer kom vertel…
12 Nov 5AM 11 min

Aktualiteit: Aprav bekommerd oor onreëlmatighede by Padongelukfonds

Die Padongelukfonds (POF) is tans in die spervuur ná bewerings van wanbestuur, onwettige prosedures en grootskaalse administratiewe verval. Tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria het die Vereniging vir die Beskerming van Padongelukslagoffers (Aprav) ’n dringende beroep gedoen op die minister van vervoer om in te gryp. Pieter de Bruyn, uittredende voorsitter…
12 Nov 5AM 9 min