Europese oorlog: Withuis blameer albei partye

Loading player...
Terwyl 'n bohaai in Europa losgebars het na Rusland se dodelike missiel-aanval op Kiëf, was dit relatief stil in Amerika. Karoline Leavitt, perssekretaris van die Withuis, het gesê president Donald Trump was nie gelukkig oor die Russiese aanval nie, maar ook nie verbaas nie. Senior korrespondent David Blevins het uit Washington aan Britse media 'n beoordeling gegee van Washington se reaksie op die Russiese aggressie in Oekraïne.
29 Aug 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump sê hy sal Groenland kry en almal sal tevrede wees

President Donald Trump sê Amerika sal ʼn manier vind om Groenland te bekom wat Amerika én die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gelukkig sal maak. Hy het gister joernaliste by die Withuis toegespreek tydens die eerste herdenking van die dag waarop hy as die 47ste president van Amerika ingesweer is. Trump sê hy…
21 Jan 12AM 1 min

Mynbou in SA daal met 2,7%

Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in November verlede jaar met 2,7-persent gedaal in vergelyking met dieselfde maand in 2024. Steenkool, ystererts, platinumgroepmetale en goud het die meeste tot die afname bygedra, terwyl mangaanerts sterk groei getoon het. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke SA sê mineraalverkope het op 'n jaargrondslag ook effens…
21 Jan 12AM 1 min

CAN is vandag en môre aan die kus

Die Kankervereniging van Namibië het sy Nasionale Kankeruitreikprogram vir die Erongo-streek by die Erongo-sentrum van stapel gestuur. Die program bring kankersifting, diagnose, pasiëntondersteuning en vroeër toegang tot behandeling nader aan gemeenskappe. Uitreikklinieke sal vandag in Kuisebmund en Donderdag in Hentiesbaai gehou word, voordat die program volgende week na die Hardap-streek…
21 Jan 12AM 1 min

Kommer oor daling in besettingsyfers in 2025

Namibië se toeristeverblyfsektor het 'n beskeie afname in 2025 ervaar, met nasionale kamerbesetting wat onder 52 persent gedaal het. Dit wek nuwe kommer oor toegang, bekostigbaarheid en die land se mededingendheid in 'n vinnig veranderende streektoerismelandskap. Die 2025 Jaarlikse Toerisme-akkommodasiebesettingsverslag, saamgestel deur die Gasvryheidsvereniging van Namibië, toon dat die gemiddelde…
20 Jan 11PM 1 min

Newsom sê leiers se gedrag teenoor Trump walg hom

Alle oë is op Davos in Switserland waar wêreldleiers by die Wêreld Ekonomiese Forum vergader, te midde van uiters hoë geopolitieke spanning. Kalifornië se goewerneur, Gavin Newsom, ‘n sterk kritikus van president Donald Trump, is ook daar en het nie woorde teruggehou toe hy gesê het dis tyd vir leiers…
20 Jan 11PM 1 min