Newsom sê leiers se gedrag teenoor Trump walg hom

Loading player...
Alle oë is op Davos in Switserland waar wêreldleiers by die Wêreld Ekonomiese Forum vergader, te midde van uiters hoë geopolitieke spanning. Kalifornië se goewerneur, Gavin Newsom, ‘n sterk kritikus van president Donald Trump, is ook daar en het nie woorde teruggehou toe hy gesê het dis tyd vir leiers om ‘n ruggraat te ontwikkel nie.
20 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LGBT-gemeenskap ruk op na hof met moordsaak wat voorkom

Twee verdagtes wat aangekla word van die wrede moord op die transgender vrou Christof “Sexy Charmy” Fredericks, moet vanoggend om nege-uur in die Windhoek hoërhof verskyn. Fredericks is in Mei 2024 doodgesteek gevind te midde van 'n krisis in anti-LGBT-geweld na omstrede parlementêre wetsontwerpe en haatspraak. Kosmos 94.1 Nuus het…
21 Jan 1AM 1 min

Trump se tariewe-dreigement kan verhouding versuur

Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê president Donald Trump van Amerika se dreigement om tariewe teen Europese lande in te stel oor hul standpunt oor Groenland, is ʼn fout. Trump het die naweek gesê hy gaan van Februarie af tariewe van tien-persent instel op goedere van…
21 Jan 1AM 1 min

Trump sê hy sal Groenland kry en almal sal tevrede wees

President Donald Trump sê Amerika sal ʼn manier vind om Groenland te bekom wat Amerika én die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gelukkig sal maak. Hy het gister joernaliste by die Withuis toegespreek tydens die eerste herdenking van die dag waarop hy as die 47ste president van Amerika ingesweer is. Trump sê hy…
21 Jan 12AM 1 min

Mynbou in SA daal met 2,7%

Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in November verlede jaar met 2,7-persent gedaal in vergelyking met dieselfde maand in 2024. Steenkool, ystererts, platinumgroepmetale en goud het die meeste tot die afname bygedra, terwyl mangaanerts sterk groei getoon het. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke SA sê mineraalverkope het op 'n jaargrondslag ook effens…
21 Jan 12AM 1 min

CAN is vandag en môre aan die kus

Die Kankervereniging van Namibië het sy Nasionale Kankeruitreikprogram vir die Erongo-streek by die Erongo-sentrum van stapel gestuur. Die program bring kankersifting, diagnose, pasiëntondersteuning en vroeër toegang tot behandeling nader aan gemeenskappe. Uitreikklinieke sal vandag in Kuisebmund en Donderdag in Hentiesbaai gehou word, voordat die program volgende week na die Hardap-streek…
21 Jan 12AM 1 min