SA se vroue sal betaal vir VSA-tariewe

Loading player...
'n Ekonoom van die Universiteit van Stellenbosch Sakeskool, Nthabiseng Moleko, sê die nuutste VSA tariewe bedreig alreeds broos werksekerheid, met veral vroue wat die las van die wêreld se handelsoorlog moet dra. Moleko waarsku dat die 30-persent tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere dreig om die arbeidsonsekerheid te vererger, veral vroue wat salarisdiskriminasie moet verduur, gesinne moet versorg, en beperkte toegang tot finansiële ondersteuning het. Sy sê dringende optrede is nodig om werkers te beskerm terwyl langtermyn ongelykhede aangespreek moet word:
21 Aug 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dodelike skietery voor Booysens-laerhof maak opslae

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid veroordeel die skietery voor die Landdroshof in Booysens, Johannesburg, waarin twee mense dood en drie beseer is. Woordvoerder Bandile Masuku kritiseer die gebreke in veiligheidsmaatreëls en eis aanspreeklikheid van die gekontrakteerde sekerheidsonderneming. Hy vra wetstoepassing om oortreders aan te keer, versoek openbare samewerking…
21 Jan 10AM 1 min

Trump sê Europa sukkel terwyl VSA floreer

Die Amerikaanse president, Donald Trump sê Amerika beleef rekord ekonomiese groei, met aandelemarkte die beste ooit, met historiese beleggingsvlakke en meer as 'n miljoen mense wat nie meer van voedselondersteuning afhanklik is nie. Trump het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, Amerika geprys vir sy beleid oor belasting,…
21 Jan 10AM 1 min

FNB Eagles vertrek op pad na T20 Wêreldbeker

FNB Eagles-afrigter, Craig Williams, sê sy span dra 'n groot verantwoordelikheid om te beïndruk by die komende IKR Mans T20 Wêreldbeker. Hy het gepraat by die span se afskeidsgeleentheid vandag in Windhoek. Die Eagles sal môre na Dubai reis vir hul opwarmingswedstryde, voordat hulle volgende maand na Indië vertrek vir…
21 Jan 10AM 1 min

Nuwe toegangsgelde by nasionale parke, bewaringsgebiede

Na konsultasies met belanghebbendes in die bedryf het die omgewingsministerie hersiene toegangsgelde by nasionale parke en bewaringsgebiede aangekondig. Buitelandse en Namibiese kinders onder die ouderdom van 16 kan die fasiliteite gratis binnegaan, terwyl pryse wissel van so laag as 20 Namibiese dollar vir volwassenes tot so hoog soos 280 dollar…
21 Jan 10AM 1 min