Varkinvoere val 34,3% in tweede kwartaal

Loading player...
Statistieke van die tweede kwartaal deur die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon dat Namibië se varkinvoere altesaam 1,5 miljoen kilogram beloop het, 34,3 persent laer as in dieselfde tydperk verlede jaar. Van hierdie invoere was 64,3 persent afkomstig van Spanje, gevolg deur Suid-Afrika met 17,9 persent en Botswana met 3,8 persent. Vir meer hieroor het Kosmos 94.1 met Desmond Cloete, die raad se hoof van bemarking gepraat.
20 Aug 2025 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dodelike skietery voor Booysens-laerhof maak opslae

Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid veroordeel die skietery voor die Landdroshof in Booysens, Johannesburg, waarin twee mense dood en drie beseer is. Woordvoerder Bandile Masuku kritiseer die gebreke in veiligheidsmaatreëls en eis aanspreeklikheid van die gekontrakteerde sekerheidsonderneming. Hy vra wetstoepassing om oortreders aan te keer, versoek openbare samewerking…
21 Jan 10AM 1 min

Trump sê Europa sukkel terwyl VSA floreer

Die Amerikaanse president, Donald Trump sê Amerika beleef rekord ekonomiese groei, met aandelemarkte die beste ooit, met historiese beleggingsvlakke en meer as 'n miljoen mense wat nie meer van voedselondersteuning afhanklik is nie. Trump het by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, Amerika geprys vir sy beleid oor belasting,…
21 Jan 10AM 1 min

FNB Eagles vertrek op pad na T20 Wêreldbeker

FNB Eagles-afrigter, Craig Williams, sê sy span dra 'n groot verantwoordelikheid om te beïndruk by die komende IKR Mans T20 Wêreldbeker. Hy het gepraat by die span se afskeidsgeleentheid vandag in Windhoek. Die Eagles sal môre na Dubai reis vir hul opwarmingswedstryde, voordat hulle volgende maand na Indië vertrek vir…
21 Jan 10AM 1 min

Nuwe toegangsgelde by nasionale parke, bewaringsgebiede

Na konsultasies met belanghebbendes in die bedryf het die omgewingsministerie hersiene toegangsgelde by nasionale parke en bewaringsgebiede aangekondig. Buitelandse en Namibiese kinders onder die ouderdom van 16 kan die fasiliteite gratis binnegaan, terwyl pryse wissel van so laag as 20 Namibiese dollar vir volwassenes tot so hoog soos 280 dollar…
21 Jan 10AM 1 min