Solidariteit gaan oor menseregte met VSA gesels

Loading player...
Die vakbond Solidariteit verwag om in die volgende maand na Washington DC te reis om met Amerikaanse regeringsamptenare te vergader na bekommernisse oor menseregte in Suid-Afrika wat verswak. Die besoek volg nadat 'n verslag van die Amerikaanse buitelandse sake-departement bedreigings uitgewys het oor minderheidsgroepe, rasgebasseerde wette, insluitende aanhitsing deur die ‘Kill the Boer’-kreet deur EFF-lede. Jaco Kleynhans van Solidariteit beskuldig die ANC darvan dat hy weier om konstruktief met die Amerikaanse regering te vergader, wat diplomatieke spanning vererger:
14 Aug 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wêreldorde ervaar tektoniese verskuiwings - Merz

Die Duitse kanselier Friederich Merz sê tektoniese verskuiwings vind in die wêreld orde plaas en hy maan dat Europa moet saam staan en eenheid bevorder. Hy het die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos toegespreek.
22 Jan 5AM 1 min

Bedrog met e-taxi's steeds 'n uitdaging

Die stadspolisie waarsku die publiek oor voortdurende misdaadtendense wat e-taxidienste in Windhoek behels. Superintendent Marcelline Murapo sê misdadigers buit Yango-motors en vals taxi's toenemend uit om rooftogte te pleeg, passasiers en bestuurders te teiken, en hierdie voertuie as wegkommotors te gebruik. Die polisie sê sommige geregistreerde bestuurders leen hul voertuie…
22 Jan 5AM 1 min

Landbou sukkel aan met minimumloon, owerhede sal weer genader word

Die minimumloon bly in die nuus en is veral uitdagend vir landbou omdat die sektor nie kon onderhandel soos sekuriteitsmaatskappye gedoen het nie. Die loon is in sy tweede jaar en staan tans op 14 Namibiese dollar per uur. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren, die uitvoerende hoof…
22 Jan 5AM 1 min