
Bedrog met e-taxi's steeds 'n uitdaging
Loading player...
Die stadspolisie waarsku die publiek oor voortdurende misdaadtendense wat e-taxidienste in Windhoek behels. Superintendent Marcelline Murapo sê misdadigers buit Yango-motors en vals taxi's toenemend uit om rooftogte te pleeg, passasiers en bestuurders te teiken, en hierdie voertuie as wegkommotors te gebruik. Die polisie sê sommige geregistreerde bestuurders leen hul voertuie aan vriende wat dit dan gebruik om misdade te pleeg, terwyl vals taxi's en gekloonde nommerplate die ondersoeke verder bemoeilik. Sy het aan Kosmos 94.1 gesê dat ondersoeke na verskeie verwante sake voortduur.

