Ongeletterde skoolkinders: Hoe moet die land ontwikkel?

Loading player...
Kommentaar word steeds ontvang oor die kommerwekkende berigte dat sewe uit 10 kinders in Namibië nie kan lees of wiskunde doen nie. Terwyl Namibië toegang tot onderwys verbeter het, bly die gehalte van daardie 'n beduidende bron van kommer. Arbeidsdeskundige Herbert Jauch waarsku dat hierdie gebrek aan fundamentele geletterdheid indiensneembaarheid sal belemmer, veral namate die land nuwe nywerhede soos groen waterstof ontwikkel.
14 Aug 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wêreldorde ervaar tektoniese verskuiwings - Merz

Die Duitse kanselier Friederich Merz sê tektoniese verskuiwings vind in die wêreld orde plaas en hy maan dat Europa moet saam staan en eenheid bevorder. Hy het die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos toegespreek.
22 Jan 5AM 1 min

Bedrog met e-taxi's steeds 'n uitdaging

Die stadspolisie waarsku die publiek oor voortdurende misdaadtendense wat e-taxidienste in Windhoek behels. Superintendent Marcelline Murapo sê misdadigers buit Yango-motors en vals taxi's toenemend uit om rooftogte te pleeg, passasiers en bestuurders te teiken, en hierdie voertuie as wegkommotors te gebruik. Die polisie sê sommige geregistreerde bestuurders leen hul voertuie…
22 Jan 5AM 1 min

Landbou sukkel aan met minimumloon, owerhede sal weer genader word

Die minimumloon bly in die nuus en is veral uitdagend vir landbou omdat die sektor nie kon onderhandel soos sekuriteitsmaatskappye gedoen het nie. Die loon is in sy tweede jaar en staan tans op 14 Namibiese dollar per uur. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren, die uitvoerende hoof…
22 Jan 5AM 1 min