Keetmans spog met nuwe geel vloot

--:--
Die Keetmanshoop-munisipaliteit het nuwe padskrapers en ander swaar grondverskuiwings-masjinerie ter waarde van byna 6 miljoen Namibiese dollar bekom. Burgemeester Annelize Knaus het tydens die onthulling van die geel vloot gesê die toerusting is 'n simbool van groei, veerkragtigheid en toewyding aan die gemeenskap. Knaus sê die toerusting is noodsaaklik vir transformasie en sal 'n beter toekoms vir die komende geslagte skep.
4 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bukele sê hy kan nie García repatrieer nie

El Salvador se president, Nayib Bukele, sê hy gaan nie ʼn man van Maryland wat verlede maand verkeerdelik gedeporteer is, na Amerika terugstuur nie. Die Amerikaanse regering het erken Kilmar Ábrego García se deportasie na ʼn tronk in El Salvador was ʼn administratiewe fout. Hy beweer egter ook dat hy…
15 Apr 1AM 1 min

Twee apartheidspolisiemanne kan vir ‘82-moord vervolg word

Die direkteur van Openbare Vervolging in Gauteng, Andrew Chauke, het die Gautengse Hooggeregshof se beslissing verwelkom dat twee apartheidspolisielede vir misdade teen die mensdom vervolg kan word. Die gewese Vlakplaas-askari, Ephraim Mfalapitsa, en oud-lid van die veiligheidstak, Christiaan Rorich, word beskuldig van die moord op vier studente in 1982. Regter…
15 Apr 1AM 1 min

Dis nie net riviervloei wat seelewe in Swakop dood nie

Kusbewoners is verstom oor groot hoevele seelewe wat op strande uitspoel en dink dit riviere wat in die see invloei, is dalk die rede. Dit is egter net een van die faktore, sê Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia. Hy waarsku dat mense nie die vis moet eet wat uitspoel…
15 Apr 1AM 1 min

Akkerbouraad pas mielie-oesskatting opwaarts aan

‘n Bo-verwagting goeie reënseisoen het die oesskattings van die Akkerbouraad van Namibië aansienlik verbeter. Tans word 70 000 ton witmielies verwag, ‘n reuse-styging van 103 persent teenoor verlede jaar. Vroeër vanjaar het die raad nog ‘n tekort verwag. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, die bestuurder van akkerbou en…
15 Apr 12AM 1 min

Unam sê oor kadawers vir mediese skool

Die mediese skool van die Universiteit van Namibië, Unam, het ‘n tekort aan kadawers. Tans beskik die skool oor net vier – een wat in Namibië geskenk is en drie uit Suid-Afrika, wat oor ‘n jaar ‘n teruggestuur moet word. Die mediese skool het minstens tien kadawers nodig vir die…
15 Apr 12AM 1 min