Die veld is welig, maar oppas vir veldbrande later

--:--
Die veld, bosse en woude is welig na die goeie reën wat landswyd uitgesak het en boere is verheug, maar daar skuil 'n gevaar. Die verhoogde veldbedekking kan in die droë seisoen tot veldbrande lei. Bewusmakingsveldtogte is in gemeenskappe begin om bewustheid oor die moontlike gevare te skep. Die hoofbosboukundige vir die Kavango-Oos en –Wesstreke, Jonas Mwiikinghi, het ‘n waarskuwing aan boere uitgereik. Hy brei uit.
3 Apr 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regering werk aan teen-tariewe strategie

Die regering werk aan strategieë om die impak van Amerikaanse tariewe op veral beesvleis- en vis-uitvoere te bekamp. Hoewel dit ‘n geringe deel van Namibië se totale uitvoere beslaan, sal tariewe wel ‘n impak hê. Die uitvoerende direkteur in die handelsministerie, Penda Naanda het meer.
7 Apr 9AM 1 min

DA kan maar skoert uit regering: SAKP

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty herhaal sy oproep dat die DA uit die regering van nasionale eenheid verwyder moet word. Dit volg nadat die party verlede week in die Parlement weens die BTW-verhoging teen die fiskale raamwerk gestem het. Die sekretaris-generaal van die SAKP, Solly Mapaila, sê die DA het op arrogante…
7 Apr 9AM 1 min

Aanvullende kieser-registrasie in 5 kiesafdelings op pad

Die Namibiese Verkiesingskommissie sal aanvullende kieser-registrasie vir die tussenverkiesing in vyf kiesafdelings doen. Dit is vir kiesers om te stem vir nuwe streeksraadslede na die ander reeds hul amp in die Nasionale Vergadering beklee het. Kosmos 94.1 Nuus het met De Wet Siluka, die woordvoerder van die kommissie, gesels. Die…
7 Apr 8AM 1 min

Alcaraz tevrede met sy spel aan begin van die Europese kleibaanseisoen

Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, is tevrede met die manier waarop hy tot dusver die seisoen speel. Dit is ondanks die Spanjaard se nederlaag in die halfeindronde van die Indian Wells Ope, en nadat hy onverwags in die eerste ronde van die Miami Ope uitgeskakel is. Die eerste…
7 Apr 8AM 1 min

Weermag staan vloegeteisterde Oshana by

Die weermag se helikopters is in die Oshana-streek ontplooi na efundja groot skade aangerig het en verskeie gebiede heeltemal afgesny het en paaie beskadig het. Vyf kiesafdelings word geraak. Die streeksgoewerneur Elia Irimari sê bystand word gebied en die rampbestuursreaksie is verskerp.
7 Apr 6AM 1 min