IPC vies oor uitgestelde begrotingsdebat

--:--
Die amptelike opposisie in Namibië, die Independent Patriots for Change, is ontevrede omdat die begrotingsdebat in die Nasionale Vergadering uitgestel is. Dit was veronderstel om van 1 tot 8 April plaas te vind. Begrotingsdokumente was nie betyds beskikbaar nie, sê die IPC. Die party kritiseer ook die begroting en sê dit is eenvoudig ‘n duplisering van verlede jaar s’n. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-woordvoerder Imms Nashinge gepraat:
2 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meer as polisievuurwapens in SA verdwyn spoorloos

Die DA in die Oos-Kaap het kommer uitgespreek nadat 410 polisievuurwapens oor 'n tydperk van vier jaar as verlore of gesteel aangemeld is. Daar is 362 wapens wat bloot gesteel is, 65 wapens is uit polisiekantore gesteel en daar kan vir 48 nog nie rekenskap gegee word nie. Die DA-lid,…
5 Apr 1AM 1 min

Woelige Vrydagaand vir Copps 94.1-misdaadspan

‘n Brand in die Havana-informele nedersetting, ‘n motor in ‘n sloot en ‘n moeilike vrou is van die kwessies waarmee die Copps 94.1-span Vrydagaand moes huishou. Soos altyd was Francois Lottering op die toneel en doen verslag:
5 Apr 12AM 1 min

Begroting 'neem nie jeug-, geslagskwessies in ag'

'n Openbare bespreking aangebied deur die Friedrich Ebert Stiftung, die Jeugleierskapprogram en die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, het die nasionale begroting se reaksie op geslags- en jeugprobleme ondersoek. Ekonoom Mally Likukela het gesê dat onderwys, finansies en gesondheid die mees finansiering ontvang, maar toewysings aan jeug- en geslagkwessies bly laag,…
4 Apr 12PM 1 min

VSA-tariewe ondermyn groei, globale samewerking: Lamola

Die internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, sê die nuwe Amerikaanse tariewe op Suid-Afrikaanse goedere bedreig billike handel en gedeelde ekonomiese groei. Lamola en die handelminister, Parks Tau, was op 'n gesamentlike nuuskonferensie waar Lamola gesê het die 31-persent tariewe wat op 9 April in werking tree, ondermyn handelsvennootskappe soos die Wet…
4 Apr 12PM 1 min

Kalfvleispryse klim lekker na die reën

Kalfvleispryse het noemenswaardig gestyg in vergelyking met verlede week, met pryse wat tot 42 Namibiese dollar per kilogram geklim het. Dit lei tot 'n gemiddelde prys van ongeveer 37 dollar 13 sent per kilogram. Die prysverhoging word toegeskryf aan 'n verminderde aanbod by kruidenierswinkels, wat beïnvloed is deur die swaar…
4 Apr 11AM 1 min