Meer as polisievuurwapens in SA verdwyn spoorloos

--:--
Die DA in die Oos-Kaap het kommer uitgespreek nadat 410 polisievuurwapens oor 'n tydperk van vier jaar as verlore of gesteel aangemeld is. Daar is 362 wapens wat bloot gesteel is, 65 wapens is uit polisiekantore gesteel en daar kan vir 48 nog nie rekenskap gegee word nie. Die DA-lid, Yusuf Cassim, sê die polisie benodig 'n opsporingstelsel om wapens aan misdade te kan koppel. Hy eis dissiplinêre stappe en strenger vuurwapenbeheer:
5 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ma kry opgeskorte vonnis na sy haar kinders vergiftig

’n Ma van Dunnottar in Nigel is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar, nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar skuldig bevind het aan die moord op haar 16-jarige seun en ’n poging tot moord op haar sewejarige dogter. In Junie 2022 het die vrou rottegif in haar…
12 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1-span help siek kleuter, stop bakleierye

Die Copps 94.1-span het 'n woelige aand in die hoofstad beleef, met alles van nood-gesondheidsdiens vir 'n 4-jarige kleuter, tot huismoles op die spyskaart. Francois Lottering was aan diens en gee die besonderhede.
12 Apr 12AM 1 min

FNB se N$1 miljard aan SME’s 'uitstekende inisiatief'

FNB Namibia het 1 miljard Namibiese dollar opsy gesit om plaaslike SME’s te ondersteun wat betrokke is by die olie-, gas-, energie- en ontginningsektore. Dit volg op 'n memorandum van verstandhouding wat met Nigerië se Moneda Capital Management en Ino Capital Investments onderteken is. SME’s se kapasiteit sal ook gebou…
11 Apr 12PM 1 min

IVP vergader met ANC oor begroting-dooiepunt

'n Afvaardiging van die IVP onder leiding van sy president, Velenkosini Hlabisa, het Donderdag met die ANC vergader om dringende nasionale kwessies te bespreek, veral die voortslepende dooiepunt in die regering van nasionale eenheid oor die begroting. Die ANC het met partye binne, sowel as buite die koalisieregering, onderhandel om…
11 Apr 12PM 1 min

Ithete fokus op jeug-werkverskaffing in Erongo mynbou

Adjunk-premier Natangwe Ithete het die noodsaaklikheid beklemtoon dat Namibiërs, veral die jeug, voordeel moet trek uit die land se natuurlike hulpbronne, spesifiek in die Erongo-streek. Hy het tydens 'n besoek aan die streek jeugwerkloosheid en die belangrikheid daarvan om jongmense by ekonomiese geleenthede te betrek uitgesonder. Hy sê dat beleide…
11 Apr 11AM 1 min