Air Nam se oudwerkers opgewonde oor nuwe redery

--:--
Voormalige Air Namibia-werkers sê hulle is opgewonde oor die nuus dat die regering ‘n nuwe nasionale lugredery oorweeg. Dit volg ná die nuwe vervoerminister, Veikko Nekundi, Maandag bevestig het dat Air Namibia nie weer sal herleef nie, maar dat planne vir ‘n nuwe lugredery in die pyplyn is. Kosmos 94.1 Nuus het met Renier Bougaard, woordvoerder van voormalige Air Namibia-werkers, oor die jongste verwikkeling gepraat:
1 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN moet verduidelik oor pensioene

Die regering skuld bejaardes ‘n verduideliking hoekom pensioene in die huidige begrotingsjaar nie verhoog is nie, sê kenners. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens haar verkiesingsveldtog verlede jaar onderneem sy sal wyle president Hage Geingob se belofte gestand doen deur dit na 3 000 Namibiese dollar per maand te verhoog. Kosmos…
6 Apr 5AM 1 min

Zille maak debuut op Roast

Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, is die eerste politikus wat die onderwerp van ʼn Showmax- en Laugh Africa Roast-program is. Die kreatiewe regisseur, Stuart Taylor, het kommentaar gelewer oor haar belangrike politieke statuur en reguit uitsprake. Zille verwelkom die spottery en sê mense spot haar agter haar rug,…
6 Apr 5AM 1 min

Ineengestorte gebou op George noot regte goedkeuring gehad

Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, het onthul die vyfverdieping-gebou wat in Mei 2024 in George ineengestort het, is slegs goedgekeur as 'n enkelverdiepingstruktuur. Die parlement se portefeuljekomitee vir menslike nedersettings het gehoor die ontwikkelaar het versuim om planne vir 'n gebou van meer as een verdieping in te…
6 Apr 4AM 1 min

Nekundi luister na klagtes oor NaTIS

Vervoerminister Veikko Nekundi het Vrydag onverwags by NaTIS se kantore in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied opgejaag self te sien hoe sake daar bedryf word. Hy het met verskeie lede van die publiek gepraat en na hul klagtes geluister. Nekundi het gesê ‘n bykomende tak van NaTIS nader aan die stad…
6 Apr 3AM 1 min

DA steeds verbind tot RNA

Die DA-leier John Steenhuisen het die party se verbintenis tot die regering van nasionale eenheid herbevestig, met die klem op samewerking eerder as oorheersing. Steenhuisen het op 'n DA-veldtog in Phoenix, erkenning gegee aan die DA se bydraes tot die koalisie en die belangrikheid van gesamentlike pogings beklemtoon. Hy het…
6 Apr 2AM 1 min