Woord vir Vandag - 25 Mrt 2025

Loading player...
“…Want dan sal ons ook in hierdie wêreld wees soos Hý is.” 1 Johannes 4:17
Hoe God jou sien
Wanneer jy jou vertroue in Christus as jou Redder plaas, sien God jou as ‘in Christus.’ Die woorde ‘in Christus’ word ongeveer agt-en-sewentig keer in die Nuwe Testament gebruik. Wanneer God na jou kyk, sien Hy jou nie met al jou foute en gebreke nie; Hy sien jou in Christus. Aangesien Christus vir al jou sonde versoening gedoen het, is jy aanvaarbaar deur Hom (sien Efesiërs 1:6 NLV). ‘n Geseënde toekoms hang nie af van hoeveel jy daarna streef om perfek te wees of hoe hard jy werk om jouself te verander nie. Dit hang van die persoon van Jesus Christus en die feit dat jy in Christus is, af. Die Bybel verkondig: ‘…Want dan sal ons ook in hierdie wêreld wees soos Hý is.’ Jy sê: ‘Maar sekerlik kry jy net wat jy verdien?’ Dis waar, tensy jy in Christus is. Dan kry jy wat Hy verdien! ‘God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word’ (2 Korintiërs 5:21 NLV). Die woord ‘geregtigheid’ is ‘n wetlike term. Dit beteken ‘om reg voor God te hê.’ Vine se An Expository Dictionary of Biblical Words definieer geregtigheid as ‘daardie genadige gawe van God aan mense waardeur almal wat in die Here Jesus Christus glo, in ‘n regte verhouding met God gebring word.’ Met ander woorde, jou regte posisie voor God is op Jesus se regte posisie voor God gebaseer. Jy moet bly wees daaroor. Hoekom? Omdat die enigste geregtigheid wat aan God se veeleisende standaard van volmaaktheid voldoen, die geregtigheid van Christus is. Aangesien jy in sy geregtigheid geklee is, kan jy seker wees van God se aanvaarding en elke dag in sy seën wandel.
24 Mar 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min