Dankbaarheid is 'n vorm van aanbidding

Loading player...
*Spreeklewe
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag (1 Tessalonisende 5:18).
Van al die maniere om God te aanbid, is dankbaarheid waarskynlik die een wat die meeste misgekyk word. Een van die geheime van ‘n gelukkige lewe is dankbaarheid. As ek en jy dit kan reg kry om met dankbaarheid te leef, verander dit die wêreld vir ons. Begin ons verby die dinge kyk wat die lewe vir ons moeilik maak en sien ons die seën wat ons het raak. Die gawe van dankbaarheid word deel van ons lewe wanneer ons ten volle besef wat God vir ons uit genade gedoen het en dit ons dryfkrag word om elke dag vanuit dankbaarheid te leef.
12 Mar 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Deon Meyer

Dit is wêreld koop 'n boek dag en die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Deon Meyer gesels met Annelie oor een van haar gunsteling onderwerpe - BOEKE en lees.
7 Sep 16 min

Motivering 7 September 2026 - Tel jou seëninge

Het jy al ooit so gefokus op dit waarvoor jy bid… dat jy vergeet het om dankbaar te wees vir dit wat jy reeds ontvang het? Psalm 103:2 sê: “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.”
7 Sep 4 min

Conbad

Conbad (Conrad Rudolph) kuier met sy kitaar op #MIRRAG om te gesels oor nuwe musiek!! Hy gesels meer oor sy enkelsnit “Ever Young” en die storie agter hoe hy pen op papier sit.
26 Aug 21 min

Tuin

Tuin het 'n nuwe liedjie! Mooiste monster gaan oor self vergifnis en self liefde. Tuin het ook haar kitaar saam gebring en het die Vrydag net beter gemaak
13 Aug 26 min