Mense moet saamwerk om MIV/Vigs te stuit

Loading player...
Gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het die regering se verbintenis tot die beëindiging van MIV en Vigs as 'n openbare gesondheidsbedreiging teen 2030 bevestig. Oud-gesondheidsminister dr. Bernhard Haufiku het beklemtoon dat die bereiking van hierdie doel afhang van individue wat hul gesondheid ernstig opneeam en bewus bly van hul gesondheidstatus. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat en sê mense moet in die eerste plek voorkomende maatreëls tref.
19 Dec 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Windhoekers moet almal help met padveiligheid

Die Khomas-streek het die hoogste aantal padongelukke in 2024 aangeteken, met die Erongo-streek in die tweede plek, volgens die Motorvoertuigongelukkefonds. Dit beklemtoon die voortdurende uitdagings met padveiligheid in hierdie streke, wat die fonds deurgaans monitor en probeer aanspreek. Kosmos 94.1 Nuus het met John Haufiku, die fonds se hoof korporatiewe…
19 Dec 11AM 1 min

Kabelsdiefstal in Johannesburg-middestad styg skerp

City Power het kommer uitgespreek oor die skerp toename in kabeldiefstal in die Johannesburgse middestad. Kabels en vyf hoofeenheid-kragbokse is Dinsdag van die sentrale verspreider in Selby gesteel en het baie mense sonder krag gelaat. Die kragbokse is later op 'n private eiendom gevind en 'n klagte is by die…
19 Dec 11AM 1 min

Landboubemarkingsraad juig oor Botswana groente-uitvoere

Die Nasionale Landboubemarkingsraad het president Duma Boko van Botswana se besluit verwelkom om beperkings op die invoer van groente uit Suid-Afrika op te hef. Dit sluit borrie, pampoen, groen-ertjies en sampioene in. Fase twee volg in April wanneer die verbod op produkte soos beet, botterskorsie, uie, tamaties en aartappels opgehef…
19 Dec 10AM 1 min

Bokspromotor Tobias sê sy vegters mik na titels

Die bokspromotor Nestor Tobias, die stigter van MTC Boxing and Fitness Academy, is optimisties oor die toekoms van boks, veral in 2025. Tobias het sy aspirasies vir die komende jaar met Kosmos 94.1 Nuus gedeel en besin oor 2024 en sy hoop vir die sport se groei. Tobias is vol…
19 Dec 9AM 1 min

Skep veilige ruimtes vir kinders: SOS Village

Die SOS Village het die belangrikheid daarvan beklemtoon om 'n veilige ruimte vir kinders gedurende die feestyd te skep, om te verseker dat hulle 'n betekenisvolle en genotvolle vakansie het. Hierdie oproep tot waaksaamheid kom in die lig van die talle verkragtingsake en onveilige aktiwiteite wat onlangs aangemeld is. Die…
19 Dec 9AM 1 min