Skep veilige ruimtes vir kinders: SOS Village

Loading player...
Die SOS Village het die belangrikheid daarvan beklemtoon om 'n veilige ruimte vir kinders gedurende die feestyd te skep, om te verseker dat hulle 'n betekenisvolle en genotvolle vakansie het. Hierdie oproep tot waaksaamheid kom in die lig van die talle verkragtingsake en onveilige aktiwiteite wat onlangs aangemeld is. Die organisasie doen 'n beroep op ouers en voogde om ekstra versigtig te wees om hul kinders se veiligheid te verseker, insluitend waar hulle speel, saam met wie hulle is en die aktiwiteite waaraan hulle deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sylvia Shimaneni, die waarnemende hoof vir fondse en kommunikasie by die SOS Village, wat sê kinders moet te alle tye beskerm word.
19 Dec 2024 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Guterres bepleit vir vroueregte

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies , António Guterres, waarsku vroueregte is wêreldwyd onder beleg, en dat swaar-gewonne winste in trurat gegooi word. Hy het die opening van die 69ste sitting van die Kommissie oor die Status van Vroue in New York toegespreek. Dit spreek wydverspreide ongelykhede aan, asook geweld…
11 Mar 1AM 1 min

Maimane sê probleem is nie BTW nie, dis swak groei

Die voorsitter van die parlementêre staande komitee oor bewilligings, Mmusi Maimane, sê die land se basiese probleem is nie BTW nie, maar die gebrek aan groei wat die afgelope dekade gemiddeld 1 persent was. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer môre sy begrotingsrede nadat dit verlede maand uitgestel is…
11 Mar 1AM 1 min

Dranklisensies moet teen 31 Maart hernu word

Besighede wat betrokke is by die handel in alkohol in Namibië moet verseker dat hulle hul dranklisensies voor die 31ste Maart hernu is om te verhoed dat hul lisensies verval. Fourie Nhoni, woordvoerder by die handelsministerie het meer.
11 Mar 1AM 1 min

NamWater se skuld lê instandhouding, nuwe infrastruktuur lam

Ons bly by NamWater en die watermaatskappy sê sy skuldvlakke het kommerwekkende vlakke bereik. Die totaal het gestyg van 2,1 miljard Namibiese dollar na 2,4 miljard dollar. Die watervoorsiener ontvang geen subsidies nie en het ook nie ‘n verhoging in vyf jaar ontvang nie. Lot Ndamanomhata, woordvoerder het meer.
11 Mar 12AM 1 min

Hentiesbaaiers soek Vermaak se bloed

Die herrie is los in Hentiesbaai. Inwoners eis dat die minister van stedelike ontwikkeling die burgemeester Lewies Vermaak afdank. Volgens die inwoners het Vermaak ‘n opdrag van die minister geïgnoreer. Die inwoners het ‘n versoekskrif aan die streeksgoewerneur Neville Andre oorhandig. Gemeenskapsverteenwoordiger Jessica Basson het hulle griewe so uiteen gesit.
11 Mar 12AM 1 min