Hardapdam laag, maar genoeg water vir onttrekking
Loading player...
Wateronttrekking by die lae Hardapdam ondervind nou uitdagings en sommige gemeenskappe in Mariental is sonder water. Die dam is tans net 5,7 persent vol, wat onttrekking moeilik maak. Soos die dam verder sak sal die uitdagings na verwagting toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, wat sê die huidige probleem was tegnies van aard. Daar is nog genoeg water in die dam vir onttrekking.