Woord vir Vandag - 8 Jan 2025

Loading player...
“Liewe vriend, ek hou aan bid… dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.” 3 Johannes vers 2 NLV
Versorg jou siel
Jou liggaam is soos ‘n aardse pak klere wat uiteindelik sal sterf en deur ‘n nuwe, hemelse, Christelike liggaam vervang sal word. Paulus skryf: ‘Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte…’ (2 Korintiërs 4:7 NLV). Die skat, dit wat die meeste saak maak, dit wat vir ewig gaan lewe, is jou siel. Johannes skryf: ‘Liewe vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.’ Iemand het bereken dat die gemiddelde liggaam genoeg fosfor bevat om 800,000 vuurhoutjie-koppe te maak, genoeg suiker om 60 blokkies te maak, genoeg sout om 20 lepels te vul en genoeg yster om twintig dollar se spykers te maak. Die res is net stof en water. Daar is ‘n verhaal van ‘n klein seuntjie wat by die Sondagskool geleer het: ‘…Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word’ (Genesis 3:19 NLV). Eendag, toe hy onder sy bed kyk, vra sy ma vir hom: ‘Waarna kyk jy?’ Hy antwoord: ‘My juffrou by die Sondagskool het gesê dat ons van stof gemaak is en weer stof gaan word. Daar is iemand onder my bed en ek kan nie agterkom of hulle kom of gaan nie!’ Voed jou siel daagliks met God se Woord. Versterk en verryk dit deur elke dag tyd saam met God in gebed deur te bring. Ontdek die talente en skatte wat Hy in jou geplaas het en belê dit in die koninkryk van God. Die volgende keer wat iemand vir jou sê: ‘Kyk mooi na jouself,’ moenie net aan jou liggaam dink nie, maar ook aan jou siel.
7 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min