Woord vir Vandag - 4 Jan 2025

Loading player...
“…Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV
Doen jy wat jy veronderstel is om te doen?
In sy boek, How Successful People Grow, identifiseer John Maxwell drie tipes mense: ‘1) Mense wat nie weet wat hulle graag wil doen nie. Hulle het nie doelwitte nie. Hulle vroetel. Hulle dryf rond. Hulle het geen idee waarvoor om te mik nie. Ek glo die hoofrede is dat hulle hulself nie so goed ken soos hulle behoort nie en dus bly hulle ongefokus in hul groei. 2) Mense wat weet wat hulle graag sal wil doen maar dit nie doen nie. Soms doen hulle nie wat hulle graag wil doen nie, omdat hulle bekommerd is dat hulle ander verantwoordelikhede sal afskeep, soos om vir hul families te voorsien. Soms is hulle nie gewillig om die prys te betaal om te leer, te groei en nader aan waar hulle wil wees te beweeg nie. Ander kere weerhou vrees hulle daarvan om van koers te verander en hulle passie na te jaag. 3) Mense wat weet wat hulle graag wil doen en dit doen. Hierdie mense leef die volgende Skrifgedeelte uit: ‘Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.’ Die derde tipe mense ken hulself, het ‘n sterk passie, is op hulle doelwit gefokus, groei in areas wat hulle help om nader aan hulle doel te beweeg en doen wat hulle geskep is om te doen. Dit kan moeilik wees om jouself te vind en in jou potensiaal in te groei. Jy moet weet wie jy is om in jou potensiaal in te groei. Jy moet egter groei om sodoende te weet wie jy is.’ Die oplossing daarvoor is om tyd met God te bestee en Hom toe te laat om jou te lei.
3 Jan 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min