Woord vir Vandag - 27 Des 2024

Loading player...
“’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle… Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.’” Jeremia 29:11 NLV
God het ‘n plan vir jou lewe
Paulus was heeltemal toegewyd aan wat God hom geroep het om te doen. Is jy? Ons is gewoonlik ons eie grootste vyande wanneer dit by struikelblokke tot sukses kom. Dit sal jou iets kos om die nodige stappe te neem om ‘n Godgegewe droom te vervul. Jy sal hard moet werk. Jy sal opofferings moet maak. Jy sal moet aanhou leer, groei en verander. Is jy gewillig om dit te doen? Die meeste mense is nie. Vra mense wanneer hulle dit wat hulle wil doen gaan doen, en meeste sal antwoord dat hulle hoop om dit ‘eendag’ te doen. Hoekom nie nou nie? Omdat jy nie gereed is nie? Miskien is jy nie. Maar as jy wag totdat jy gereed is, mag jy dit dalk nooit doen nie. Jy word gereed deur te begin. As jy gewillig is om te begin, is daar ‘n paar dinge waarop jy kan staatmaak: Eerstens, sal dit anders wees as wat jy gedink het. Tweedens, sal dit moeiliker wees as wat jy gedink het. Derdens, sal dit beter wees as wat jy gedink het. Mark Twain het gesê dat die twee grootste dae in ‘n mens se lewe is die dag waarop mens gebore word, en die dag wanneer jy ontdek hoekom jy gebore is. As jy wil ontdek hoekom jy gebore is, moet jy tyd met God bestee. Sy Woord sê: ‘’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind’’ (verse 11-13 NLV).
26 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min