Woord vir Vandag - 21 Des 2024

Loading player...
“En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.” Job 8:7 NLV
Reik na uit jou potensiaal
Jou persoonlike potensiaal is wat jy kan wees – die persoon wat jy kan word. God, wat die einde van die begin af sien, weet wat jou potensiaal is en sal jou help om dit te bereik. Jy moet egter jou deel doen. Jy moet wil groei en jouself elke dag daaraan verbind. Groei is ‘n pad wat nooit eindig nie: ‘Hulle kragte sal vermeerder…’ (Psalm 84:8 NLV). Net soos jou DNA van elke ander persoon verskil, so verskil jou pad van persoonlike groei. Om jou Godgegewe doel te ontdek, moet jy in geestelike bewustheid groei. Om ‘n beter persoon te wees, moet jy in karakter groei. Om vordering in jou loopbaan te maak, moet jy jou vaardighede ontwikkel. Om ‘n beter eggenoot of ouer te wees, moet jy jou verhoudingsvaardighede verbeter. Om jou finansiële doelwitte te bereik, moet jou begrip van hoe geld werk, groei. Die aspekte van groei verskil van individu tot individu, maar die beginsels bly dieselfde. As jy ernstig daaroor is om te groei, moet jy dit wat jy leer by jou roetine integreer. Jy kan nie jou lewe verander totdat jy iets wat jy elke dag doen, verander nie. Groei vind slegs plaas wanneer kennis ervaring word. Dis hoekom dit so belangrik is om ‘n joernaal van jou groei te hou. Dit help jou om te sien hoe ver jy al gekom het, wat jy geleer het, die mate waarin jy verander het en hoe ver jy nog het om te gaan. As jy aanhou om vir baie jare te leer en daagliks te groei, sal jy verstom wees oor hoe ver dit jou sal neem. ‘En al het jy met min begin, sal jy met baie eindig.’
20 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min