Woord vir Vandag - 20 Des 2024

Loading player...
“Dis my begeerte om u wil te doen, my God…” Psalm 40:9 NLV
Doen God se wil
Om God se wil te doen kan moeilik wees, maar dit bring altyd vervulling en beloning mee. Dawid se familie het ‘n teensin in hom gehad, sy baas het hom verraai en van sy vriende het hom verwerp. Tog kon hy sê: ‘Dis my begeerte om u wil te doen, my God…’ Om jou Godgegewe lewensdoel te bereik, moet jy passievol wees. Passie gee jou elke keer ‘n voordeel. Een persoon met passie is meer effektief as nege-en-negentig ander wat net ‘n belang het. Passie gee jou energie en laat jou aanhou wanneer ander mense tou opgooi. Nie net sal God vir jou ‘n passie vir sy wil gee nie, maar jy sal ook vermoëns wat jy nie geweet het jy het nie, ontdek. Sommige van ons het inherente vermoëns en ons weet wie ons is en wat om te doen. Ander moet weer hard werk om hierdie ontdekkings te maak. Jou doel moet wees om so min as moontlik van jou lewe te mors. Daar is 'n groot verskil tussen ‘n Godgegewe droom wat jou dryf om te presteer en om ‘n idee wat geen verband met wie jy is en wat jy geroep is om te doen, sommer net uit die lug te gryp. Net soos ‘n soldaat op die voorste linies in konstante kommunikasie met die hoofkwartiere moet bly, so moet jy elke dag bid en God se Woord ondersoek. Wanneer jy weet dat jy doen wat God jou geroep het om te doen, sal jy vreugde te midde van smart, vrede te midde van konflik en selfvertroue wanneer alles rondom jou uitmekaar uit val, ervaar. Niks, absoluut niks, is belangriker as die wete dat jy God se wil doen nie.
19 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min