SA inflasie styg effe in Oktober tot 2,9%
Loading player...
Jaarlikse inflasie in Suid-Afrika het verlede maand tot 2,9-persent gestyg, effens hoër as die 2,8-persent in Oktober. Voedselinflasie het daarenteen tot die laagste vlak in 14 jaar afgeneem en pryse vir items soos groente, brood en suiwel het gedaal. Brandstofpryse het met 0,9-persent gestyg, terwyl daar 'n styging van 5,9-persent in restaurante en hotelle se uitgawes was. Die woordvoerder van Statistieke Suid-Afrika, Patrick Kelly, sê die armste huishoudings beleef steeds die hoogste inflasie teen 3,8-persent, terwyl die rykstes 'n koers van drie-persent ondervind het.