Zander van der Westhuizen gesels Met Hettie Brittz

Loading player...
Zander van der Westhuizen gesels tydens 16 dae van aktivisme teen geslagsgebasseerde geweld met Hettie Brittz al die pad uit Amerika. In 2010 het ’n groep mans Hettie en Louis in hul huis in Irene vasgebind en geroof terwyl hul kinders slaap. Hettie vertel die aangrypende verhaal van hoe die Here by haar was deur ’n verkragting. Louis was ontvoer en het gevrees vir sy lewe voordat hulle hom vrygelaat het. Vandag vertel Hettie van haar genesing van vrees en haar pad om vryheid en vergifnis te leef. Die Here het hierdie gebeure gebruik om ook deur Hettie se getuienis ander vroue op ’n pad van genesing te begelei. Elkeen se pad is anders, maar deur die Here se liefde en genade, is genesing moontlik.
9 Dec 2024 3AM Afrikaans South Africa Technology · TV & Film

Other recent episodes

Zander van der Westhuizen gesels met Brent Dawes -1 Februarie

Zander van der Westhuizen het tydens die Gospel-program gesels met Brent Dawes - die mede-regisseur en skrywer van die nuwe animasie-film: David. Brent vertel tydens die onderhoud hoe die droom ontstaan het en ’n werklikheid geword het. Luister ook hoe die film deur honderde kunstenaars gebou is en hoe Phil…
1 Feb 2PM 15 min

Zander van der Westhuizen - 9 November

Op Sondagaand se Gospelprogram het Zander van der Westhuizen met Dr Marinda van Niekerk en Mientjie & Wouter Prozesky oor die stryd vir Baba-reddingsbokse gesels. Marinda is van PEN en Mientjie & Wouter van Rock of Hope. Hulle organisasies doen wonderlike werk in Pretoria. Roelene Botes het ook haar getuienis…
9 Nov 2025 2PM 32 min