Omusati-polisie sal aangehoudenes fyn dophou
Loading player...
Tien gevangenes het onlangs uit 'n polisiestasie in die Omusati-streek ontsnap nadat hulle deur die dak van die ontspanningsruimte gesny het waar hulle aandete geëet het. Hulle was nie bewaak ten tyde van die voorval nie. Die groep het bestaan uit vyf Namibiese burgers en vyf Angolese, met misdade wat wissel van veediefstal en huisbraak tot verkragting. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamPol Omusati inspekteur Anna Kunga, oor die mag se paraatheid om ontsnappings gedurende die feestyd te voorkom.