SAL-loodse terug op hul poste, staking afgelas
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het aangekondig dat die vlieënierstaking, wat Donderdag begin het, vandag opgeskort is. Die besluit volg op suksesvolle onderhandelings tussen SAL se uitvoerende bestuur en die Suid-Afrikaanse Vlieëniersvereniging. Die woordvoerder van die SAL, Vimla Maistry, sê die bestuur het 'n bykomende 1 persent salarisverhoging aangebied, wat uitloop op 'n totale salarisverhoging van 9,47 persent vir die vlieëniers: