Hou by toeriste-reëls of word vervolg

Loading player...
Met die vakansieseisoen in volle swang, toon sommige plaaslike en ander toeriste roekelose gedrag op die paaie, bemors openbare ruimtes en raak betrokke by verbode aktiwiteite in nasionale parke. Die omgewing-ministerie veroordeel sulke oortredings ten sterkste en beklemtoon die belangrikheid daarvan om die aantrekkingskrag van Namibië se natuurlike erfenis vir besoekers te behou en die omgewing vir toekomstige geslagte te bewaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ministerie se uitvoerende direkteur, Teofilus Nghitila, wat waarsku dat oortreders streng vervolg sal word.
5 Dec 2024 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Wat is knopvrotsiekte en Goss se verwelk?

Die landbouministerie het alle invoere en deurgang van mielies en mielieprodukte, asook papajas en hul produkte en ander palmsoorte uit die Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga verbied. Dit kom na knopvrotsiekte in palms en Goss se verwelk op mielies in die provinsies bevestig is. Verwelk is 'n bakteriese siekte wat mielies…
24 Jan 11AM 1 min

Kaapstadse Met bring perde, modegiere

Perdesport: Die ikoniese Kaapstadse Met, wat een van die belangrikste geleenthede op die land se perdewedren-kalender is, gaan môre sportgeesdriftiges én sosiale vlinders na die Kenilworth-renbaan lok. Vanjaar se tema is Couture Unleashed, wat avant-garde kuns en tydlose elegansie laat saamsmelt. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê…
24 Jan 11AM 1 min

Die tyd is ryp vir bosgebaseerde veevoer

Dele van die land het tans welige groen weiveld, danksy goeie reënval. Dit is 'n deurslaggewende tydperk vir boere om vir toekomstige droogtes voor te berei deur met die produksie van bosgebaseerde veevoer te begin. Die gebruik van indringerbosse vir veevoer bied 'n volhoubare oplossing met aansienlike voordele, veral gedurende…
24 Jan 10AM 1 min

VF-Plus gaan Onteieningswet uitdaag

Die Vryheidsfront Plus sê hy gaan as lid van die regering van nasionale eenheid alles in sy vermoë doen om ʼn wysigingswetsontwerp te laat uitreik om die Onteieningswet se grondwetlikheid uit te daag. Die wet sit uiteen hoe staatsinstellings om verskeie redes grond in openbare belang mag onteien. Die VF…
24 Jan 10AM 1 min

Belangrike HPV-entstof op pad na openbare gesondheidsentrums

Die gesondheidministerie het begin met die verkrygingsproses vir die menslike papillomavirus-entstof, of HPV-entstof, om dit wyd bekend te stel as 'n metode om servikale kanker te voorkom. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid, sê hulle gaan tans deur die nodige regulatoriese en voldoeningsprosesse. Die entstof beskerm teen HPV, wat sekere…
24 Jan 9AM 1 min