Snelbouler Boland terug vir Aussies teen Indië

Loading player...
Krieket: Die snelbouler Scott Boland vervang die beseerde Josh Hazlewood in die enigste verandering aan Australië se span vir die tweede toets teen Indië wat môre in Adelaide begin. Hazlewood het 'n sy-besering opgedoen. Die gasheer het die eerste toets in Perth met 295 lopies verloor. Dis Boland se eerste toets vir Australië in bykans 18 maande. Kaptein Pat Cummins glo daar is verskeie gebiede waarop hulle moet verbeter vir die tweede kragmeting.
5 Dec 2024 11AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Omusati-boere skuif vee agter water aan

Onlangse reënval in Namibië se noordelike streke het watertekorte vir vee verlig en sommige boere kon saaiboerdery hervat. Die situasie in die Omusati-streek is egter steeds uitdagend. Goewerneur Erginus Endjala het kommer uitgespreek oor die swak reënval in die streek tot dusver. Hy sê dat veeboere gedwing word om hul…
16 Jan 11AM 1 min

Vrywillige Stilfontein-redders kry berading

Twee vrywilligers wat deelgeneem het aan die Stilfontein-reddingsending, sal berading ontvang. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe sê die vrywilligers het bevestig alle onwettige mynwerkers is na die oppervlak gebring en daar is geen oorblywende liggame nie. Sewe Zimbabwiese mynwerkers het intussen uit die Margaret-skag na die oppervlak gekom. Hierdie voorval toon…
16 Jan 11AM 1 min

AfriForum, Solidariteit begin regstappe teen Bela-wet

AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Skole-ondersteuningsentrum het met regstappe begin teen die instel van die Bela-wet. Kallie Kriel van AfriForum sê president Cyril Ramaphosa het irrasioneel opgetree toe hy die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se aanbeveling ignoreer het om die wet se taal- en toelatingsbeleide uit te stel…
16 Jan 10AM 1 min

Zimbabwe gaan zama-zamas uitken, liggame repatrieer

Zimbabwe se konsul-generaal in Suid-Afrika, Eria Phiri, het aangekondig hulle sal saam met Suid-Afrikaanse owerhede werk om die 465 Zimbabwiese burgers wat gearresteer is vir onwettige mynbou in Stilfontein in Noordwes uit te ken. Dit volg nadat twee vrywilligers bevestig het alle mynwerkers en liggame is na die oppervlak gebring…
16 Jan 10AM 1 min

Hou op dronkbestuur, daar's ernstige gevolge!

Die Katutura landdroshof hof het vandag nege sake van dronkbestuur op die hofrol gehad. Van die sake dateer van verlede jaar af en net 'n handvol was eerste verskynings. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol Kommisaris Petrus Swartz gepraat, wat sê die statistieke van die feesseisoen sal volgende week bekendgemaak…
16 Jan 9AM 1 min